Die Kaapse Vlakte Natuurreservaat is ‘n bewaringsinisiatief van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die reservaat van 34 hektaar beslaan sowat ’n kwart van die kampus. Dis ‘n besondere en bedreigde biodiversiteitsgebied, wat unieke kus- en sandfynbosspesies huisves. Jacqui January gesels met die sterk span vroue wat die leiding daar gee. Minnelise Levandal is die bestuurder, en sy vertel hoe die reservaat saamgestel is.