Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
August 09, 2023Ds. Farren Cloete se pienk kerk en hakskoeneDs. Farren Cloete, leraar van die VGK op Lambertsbaai, is op 28 die eerste vroueleraar van die gemeente, en ook een van die jongstes. Sy gesels oor haar ongewone manier van preek, haar reuse hakskoenversameling en hoekom haar pienk kerk op Lambertsbaai wawyd oopstaan vir al wat leef en beef....more10minPlay
August 09, 2023Vrou deur slang én valk aangevalPeggy Jones van Texas was besig om gras te sny, toe ‘n slang op haar arm val, om dit krul en haar begin pik. Die volgende oomblik probeer ‘n valk om sy prooi terug te kry! Die valk is op die ou end weg met die slang, en Peggy is hospitaal toe....more2minPlay
August 08, 2023Projekte en bouwerke in NoordwesDawie Botha vertel vir Martelize Brink van die projekte en bouwerke in Noordwes, soos Sun City en die Lost City, die Mooirivier Mall wat bo-oor die Mooirivier gebou is, en die Royal Bafokeng-sportstadion....more14minPlay
August 08, 2023Bonita maak 'n verskilHaidee Muller-Isaacs gesels met Bonita Wood, 'n gemeenskapswerker in Mitchells Plain. Sy is eintlik gebore in die Baai, vertel sy, maar dis op die Kaapse Vlakte waar sy nou help om 'n verskil te maak....more11minPlay
August 08, 2023ASEM gee Afrikaanse voorgeskrewe werk leweElias P. Nel vertel vir Martelize Brink van ASEM, Afrikaanse Skrywers en Mentors, se uitreik na skole in die Hantamstreek van die Noord-Kaap. Thomas Arendse en skolier Ryan Persens van Hoërskool Brandvlei gesels oor hulle ervaring met ASEM....more7minPlay
August 08, 2023R257 000 om soos ’n skaaphond te lyk!Toko-san het 2 miljoen yen, sowat R257 000, spandeer op ‘n skaaphondkostuum waarmee hy op straat verskyn....more3minPlay
August 07, 2023Die verskuiwing van jagluiperdsSpesialis wildveearts dr. Jacques O'Dell praat oor die verspreiding en verskuiwing van jagluiperds....more11minPlay
August 07, 2023Gelvandale se moeder van veleMoet nooit ‘n koshuiskind net op sy baadjie takseer nie, en let op na sy spesiale behoeftes. Dit is die raad wat Twanette Abrahams gekry het toe sy as assistentmatrone van Gelvandale Hoër se koshuis aangewys is. Dis nou 12 jaar later, en sy voel steeds soos ‘n broeis hen oor die 112 kinders onder haar sorg, het sy vir Mariska Spoormaker gesê....more10minPlay
August 07, 2023Gratis borsondersoeke op die plattelandCecil Munch vertel hoe die organisasie, I love Boobies, sport gebruik om vroue in plattelandse gebiede gratis toegang tot borsondersoeke en mammogramme te gee....more10minPlay
August 07, 2023Voortvlugtige se viering beland hom in tronkVoortvlugtigte Italianer Vincenzo La Porta is deur die polisie in foto’s raakgesien waar hy sy sokkerspan se oorwinning gevier het. Hy is ná elf jaar se soek op ‘n Griekse eiland aangekeer....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.