Was dit nie vir haar doodservaring in 2007 nie, sou die Baaise sportvrou, Michelle Enslin, nooit aan enige Ysterman-kompetisies deelgeneem het nie. In 2018 is sy twee keer as vrouewêreldkampioen in haar ouderdomsklas bekroon - onderskeidelik in die 70,3 Ysterman-kompetisie in Gqeberha en daarna die vol Ysterman-kompetisie in Hawaii. Michelle gaan in Oktober Hawaii toe om weer aan die vrouewêreldysterman-kompetisie deel te neem. Mariska Spoormaker het by Michelle gaan inloe, en is by die hek deur Olga Williams, bemarker en vriendin van Michelle, verwelkom.