Die Baai se binnestedelike sendingstasie, Vistarus wat met groot welslae verstotenes, verslaafdes en weerloses op ’n nuwe lewenspad help kom,vier sy 25e bestaansjaar. Dit is 'n besonderse mylpaal, want die meer as 200 siele in Vistarus word sonder enige staatsubsidie gehuisves, gevoed, gerehabiliteer en lewensvaardighede aangeleer. Mariska Spoormaker het gaan kuier, en met die intrapslag Zettie Magielies, hoofsjef van Vistarus raakgeloop.