Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
July 04, 2023Die Noord-Kaap se ysterertsspoorlynDawie Botha vertel vir Martelize Brink van die ysterertsspoorlyn en spoorbrûe....more8minPlay
July 04, 2023Eduard Keys - vleismeester van NamibiëDie Hartlief-familie het in 1946 ‘n klein familieslaghuis in die hart van Windhoek begin. Vandag is Eduard Keys die operasionele bestuurder en vleismeester. Hy het voorheen ook in bierbrou en suiwel gespesialiseer. Daar is deesdae groot uitdagings met bek-en-klou-seer en die die verskuiwing van vleis tussen Suid-Afrika en Namibië. Johan Rademan het met hom gesels tydens ‘n besoek aan Kaapstad gedurende die wintervakansie, en dus ook jagseisoen in Suid-Afrika....more9minPlay
July 04, 2023SA se wêreldkampioen handskaapskeerdersNel-Marie Calldo vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se wêreldkampioen handskaapskeerders. Bonile Rabela is wêreldkampioen in individuele handskaapskeer. Zwelamakhosi Mbuweni was tweede. Hulle het ook die spankompetisie gewen....more8minPlay
July 04, 2023'n Lugwaardige karAmerika se federale lugvaartadministrasie het die eerste lugwaardigheidsertifikaat uitgereik aan ‘n vlieënde kar, wat die grootte van ‘n gewone kar is en in ‘n gewone parkeerplek kan pas....more2minPlay
July 03, 2023SA Stamboek en diereverbeteringDr. Japie van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van SA Stamboek se rol in diereverbetering. Dis veral belangrik vir voedselsekerheid....more10minPlay
July 03, 2023Oom Sarel se eerste kunsuitstallingOom Sarel van Rensburg het sy heel eerste kunsuitstalling op 91 gehou! Hy het nooit formele kunsopleiding ontvang nie, trouens hy was in die ingenieursveld desjare op die Hoëveld. Haidee Muller-Isaacs het gaan na sy kunswerke gaan kyk, en meer uitgevind oor hierdie lewenslustige 91-jarige wat in die Kierie-Koor op Montagu sing....more11minPlay
July 03, 2023Man trou met 'n kaaiman‘n Meksikaanse burgemeester het met ’n kaaiman getrou in ‘n 230 jaar oue seremonie, wat geluk vir die mense moet bring....more3minPlay
June 30, 2023Marko Boshoff (15) - SA pistoolskutkampioenMarko Boshoff vertel vir Martelize Brink van skyfskiet as sport. Op 15 is Marko Suid-Afrika se nommer 1 pistoolskut onder 21. In Augustus gaan hy ons in Engeland verteenwoordig....more9minPlay
June 30, 2023Wat is beter - pienk-, see- of soutpansout?Dieetkundige Mariza van Zyl vertel vir Martelize Brink oor sout. Wat is beter? Pienk-, see- of soutpansout? Ons hoor ook wat is dit wat as “soutlose” sout bemark word....more8minPlay
June 30, 2023Hans se reiseHaidee Muller-Isaacs se pad het iewers langs Roete 62 gekruis met dié van Hans van Heukelum. Sy ouers is Nederlanders wat hulle jare gelede in Suid-Afrika gevestig het. Hans is 'n avontuurlustige reisiger vir sowat 50 jaar, waarvan 30 jaar as toergids. Hy is passievol oor Afrika. Afrikaans is sy derde taal, maar hy het op Afrikaans vir Haidee vertel van sy gunsteling bestemmings, en hoekom hy doen wat hy doen....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.