Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
June 26, 2023Diere wat hulleself bevrugProf. Hannes van Wyk vertel vir Martelize Brink van partenogenese, waar diere hulleself bevrug. Daar is onlangs berig oor die krokodil in aanhouding wat haarself bevrug het....more13minPlay
June 26, 2023Sjefskool vir jongmense op die spektrumCheryl Terblanche vertel vir Martelize Brink hoe Spectrum Chefs Academy ‘n uitvloeisel is van tuisonderrig vir haar seun Shay, wat op die outismespektrum is. Shay is vandag ‘n opgeleide sjef en gee klas vir ander wat ook op die spektrum is....more8minPlay
June 26, 2023Die Baai se “wonderwerk”-hondeDrie jaar gelede het Ernst en Wandie Deyzel se twee honde uit hulle hoog ommuurde erf in Gqeberha verdwyn. Nou, na drie jaar, het die wonderwerk gebeur – albei honde is gevind en terug by die Deyzels. Dit danksy onder meer 'n besoeker uit Gauteng en ’n Baaise verkeersbeampte met 'n groot hart vir diere. Mariska Spoormaker het by die honde en hulle mensema, Wandie, gaan kuier....more11minPlay
June 23, 2023Die waarde van terapeutiese masseringRonald Nondzaba gesels oor terapeutiese massering, die waarde van voordurende opleiding en die behoefte om jou aanslag vir elke individu aan te pas....more14minPlay
June 23, 2023Wat is beter - Diesel- of elektriese motors?Motorjoernalis Marnus Hattingh vertel vir Martelize Brink wat beter is – motors met dieselenjins of nuwe opsies soos hibriede of elektriese voertuie....more15minPlay
June 23, 2023Tony se bergklimleweTony Lourens is al vir langer as 40 jaar ‘n ywerige bergklimmer. Hy het verskeie bergklim- en stapgidse geskryf, en is redakteur van die gratis e-tydskrif, MountainSA. Johan Rademan het met hom gesels....more8minPlay
June 22, 2023Die verband tussen depressie en demensieJoernalis Willemien Brümmer gesels met Martelize Brink oor haar ervaring met depressie en demensie. Sy deel van die insigte waartoe sy gekom het. Prof. Piet Oosthuizen, ‘n psigiater, gesels saam....more17minPlay
June 22, 2023Die onbesonge helde van die hotelDie waskamer-vroue van 'n hotel word die onbesonge helde genoem. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake staan in 'n hotel se waskamer, en daar ontmoet sy drie baie besonderse vroue. Een van hulle is al langer by die hotel as die nuwe eienaar. Daar het sy gehoor hoe Cynthia Bona sake met 'n ysterhand regeer....more11minPlay
June 22, 2023Narkotika Anoniem en die dwelmkrisis is SAAndré M. praat oor die dwelmkrisis in Suid-Afrika, deel sy persoonlike ervaring en vertel van die werk wat Narkotika Anoniem doen....more14minPlay
June 21, 2023Mila Guy gesels oor akteurskap en getroude leweMila Guy gesels oor haar loopbaan as aktrise, hoe Bennie Fourie ouers gevra het in Nieu-Seeland, en hulle nesskop in Kaapstad....more15minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.