'n Klomp wonderwerke is in die 15-jarige Jaydon Burkett van Kariega saamgebondel, want hy leef ná 'n massabloeding van 6,5 cm by 4,5 cm wat sy brein met 1,5 cm geskuif het. Almal was onbewus van dié lewensbedreigende breinbloeding totdat die optometris, Avendra Subramanien, 'n geweldige swelling agter sy oogsenuwee opgemerk het. Dis ‘n jaar later en Jaydon is só goed op die been dat hy al sy o/18 OP-kleure in rolbal verwerf het. Mariska Spoormaker het gaan kuier.