Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
February 27, 2023Hemelvaart-vrou gooi Baaise draaiMeer as 'n jaar gelede het ons gepraat met Danita Ferreira, afgetrede hoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch, oor haar vertrek na Hemelvaarteiland (Ascension Island) waar sy onder meer as ambulansbestuurder gaan werk het. Mariska Spoormaker het Danita in haar Baaise draai gevang vir ‘n koppie koffie....more11minPlay
February 27, 2023Die opkoms van veganismeIsabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren gesels oor die opkoms van veganisme, en pak die koskeuse smaakvol aan....more17minPlay
February 24, 2023Hoe word glas gemaak?André Burger vertel vir Johan Rademan hoe glas gemaak word. Ons hoor van die eienskappe van glas en wat gebruik word om verskillende kleure glas te maak....more17minPlay
February 24, 2023Haidee droog tee uitHaidee Muller-Isaacs besoek 'n teefabriek op Citrusdal waar sy meer uitvind oor rooi- en selfs groenbostee. En wie sou nou kon dink dat tee buite in sweethope uitgedroog word!...more12minPlay
February 24, 2023Birkenhead herdenkSD Fourie vertel vir Johan Rademan van die naweek se kranslegging vir die herdeniking van die Birkenhead wat 171 jaar gelede aan die kus naby Gansbaai gesink het. Dis hier waar die konsep ontstaan het dat vroue en kinders eerste in die reddingsbote van ‘n sinkende skip klim....more9minPlay
February 23, 2023Hoe maak ek die land beter?Frans Rautenbach vertel vir Johan Rademan hoe Suid- Afrikaners self in hulle gemeenskappe die land ‘n beter plek kan maak....more14minPlay
February 23, 2023Die R75 se turksvyplukkersMotoriste wat gereeld op die R75-roete tussen die Baai en Kirkwood ry, sal jou kan vertel van die emmertjies langs die pad waarop sakkies geplaas is en agter dit, een, twee of drie mense. Dis die turksvyerkopers - mense wat al jare lank van Januarie tot Maart turksvye uit die omliggende veld pluk, dit skoonmaak en dan langs die pad verkoop. Mariska Spoormaker het by een van die groepies stilgehou....more9minPlay
February 23, 2023Maria Callas se lewe op die plankeMagdalene Minnaar gesels met Johan Rademan oor Maria Callas en hoe sy uitgebeeld word in die produksie oor haar lewe, MASTER CLASS....more20minPlay
February 22, 2023Suné Luus, Protea-vrouekrieketkapteinDie Protea-vrouekrieketkaptein, Suné Luus, gesels oor haar loopbaan en die span se vordering in die T20-Krieketwêreldbeker....more8minPlay
February 22, 2023Pediatric Care Africa help kinders in noodLazyja Steyn, Lomar Steyn en dr. André Hattingh vertel vir Johan Rademan van die hulpverlening wat Pediatric Care Africa bied aan kinders in nood. Hulle is tans op ‘n 7000 km lange motorfietstoer van Suid-Afrika om geld in te samel....more17minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.