Toe die Oos-Kaap Super 14 klubreeks vir die Kirkwood Rugbyklub wink, het die hele gemeenskap ingespring om hulle rugbyveld in top kondisie te kry, want ‘n goeie tuisveld is een van die vereistes vir deelname aan dié reeks. Nou spog die klub nie net met ‘n grasgroen veld nie, maar ook met ‘n vrou, Wilma Samson, as hulle visepresident. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe lyk die veld, en het toe die voorsitter van die Kirkwood Rugbyklub se raad, dr. Gawie Hobbs, raakgeloop.