Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
February 01, 2023Kliniese sielkundige en mondfluitjiespelerLouis Awerbuck vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink dat hy nie net ‘n kliniese sielkundige is nie, maar ook ‘n musikant wat saam met Gert Vlok Nel en Die Wasgoedlyn optree met sy mondfluitjies....more14minPlay
February 01, 2023Prof. Fanie bestudeer plante se chemieOm te funksioneer en te oorleef, produseer plante 'n wye verskeidenheid chemiese verbindings wat nie in ander organismes voorkom nie. Plante beskerm hulleself chemies teen herbivore, patogene en mededinging van ander plante deur gifstowwe te produseer en chemikalieë wat sleg smaak of ruik. Professor Fanie van Heerden is van die SA Chemiese Instituut. Jacqui January het met haar gesels by hulle jaarlikse kongres....more10minPlay
February 01, 2023Skaars Akhal-teke perde gered uit OekraïneCobus Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van skaars Akhal-teke perde in die Paarl, wat uit Oekraïne gered is....more7minPlay
January 31, 2023Louis de Waal en die Tafelberg-sweefspoorDawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die werk van Louis de Waal, wat die Tafelberg-sweefspoor insluit....more11minPlay
January 31, 2023Ewan Strydom en die veertigsHaidee Muller-Isaacs gesels met TV-aanbieder en radio-omroeper Ewan Strydom oor 40 word, sy dae as fiksheidsafrigter en model, en hoe hy dit regkry om so plat om die aarde te bly in weerwil van die kollig wat hom bly opsoek....more12minPlay
January 31, 2023Kaptein Steph vlieg vir die DakarKaptein Steph Scheepers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar ervaring as helikoptervlieënier wat ondersteuning bied tydens die Dakartydren. Sy vertel wat dit en haar vliegwerk in Saoedi-Arabië behels....more12minPlay
January 30, 2023"Rolstoele" vir diereJudy Jooste vertel vir Martelize Brink hoe sy gestremde diere help om weer maklik te beweeg....more13minPlay
January 30, 2023Nederlands is Kenan se TantetaalAfrikaans is sy Moedertaal, maar hy het verlief geraak op Nederlands en dit sy Tantetaal genoem. Toe skryf hy ‘n gedig oor sy Tantetaal, verewig dit in ‘n kortfilm, skryf dit in vir ‘n kompetisie en tree anderkant as wenner uit. Dít is die verhaal van Kenan Davids, derdejaar onderwystudent aan Nelson Mandela Uninversiteit in Gqeberha. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoe klink die gedig....more10minPlay
January 30, 2023Is SA se beesvleis taai?Prof. Phillip Strydom praat oor die gehalte van beesvleis in Suid-Afrikaanse winkels....more12minPlay
January 27, 2023Hoe werk windkrag?Pieter Oosthuizen vertel vir Martelize Brink hoe energieopwekking met windkrag werk....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.