Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.
January 27, 2023Die hond wat n bos “begin” hetUit die Baai kom daar ‘n boomplantstorie waarin ‘n geliefde Foksterriërtjie ook ‘n rol speel. Sewe jaar gelede het die beeldhouer Graham Jones besluit sy geliefde Foxie verdien ‘n ordentlike begrafnis na haar afsterwe, en toe plant hy ‘n boom by haar graffie. Vandag het Graham al oor die 700 inheemse bome geplant . Die meeste hiervan is op sy groot erf in Colleen Glen in Gqeberha. Mariska Spoormaker het daar gaan kuier....more10minPlay
January 27, 2023Ballet-ontwikkelingAlison Hendricks en Dirk Badenhorst praat oor ballet-ontwikkeling en die 10de Suid-Afrikaanse internasionale balletkompetisie....more12minPlay
January 26, 2023Taktiek tydens perdewedrennePierre-Corné Orffer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die taktiek wat jokkies tydens perdewedrenne gebruik....more19minPlay
January 26, 2023Conrad en Elmaree Adendorff is passievolle onderwysersConrad en Elmaree Adendorff is passievolle onderwysers wat 16 jaar lank in die buiteland gewerk het - eers in Amerika, toe Katar en later in Abu Dhabi waar hulle onder meer kurrikulumadviseurs was. Hulle het in 2018 na Suid-Afrika teruggekeer, en is deesdae kurrikulumontwikkelaars en vakkundiges. Hulle vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hulle ervaring oorkant die water, en hoe hulle die terugkeer na eie bodem ervaar het....more12minPlay
January 26, 2023Plaaslike katamaran eerste in Cape2RioStephan Mengel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Norhi-katamaran wat in St.Francisbaai gebou is en eerste in die Cape2Rio-wedvaart in Rio de Janeiro aangekom het....more6minPlay
January 25, 2023Lochner de Kock kuier in die ateljeeLochner de Kock gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy pad in die vermaaklikheidsbedryf....more14minPlay
January 25, 2023Geskiedkundige kerkie op Heidelberg in die Wes-Kaap gerestoureerAnnelene Hartnick vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die restourasie van ’n geskiedkundige kerk op Heidelberg in die Wes-Kaap. Dit was die gemeente se eerste plek van aanbidding, maar is in 1977 a.g.v. die destydse Groepsgebiedewet onteien. In 2007 is die kerkie en Stewartskool goedgunstiglik aan die gemeente teruggegee deur die Hessequa Munisipale Raad. Ongelukkig was daar geen geld om dit te herstel nie, en dit het oor die jare heen agteruitgegaan. In 2021 is daar besluit om die kerkie te restoureer om dit vir toekomstige geslagte te bewaar, maar ook tot voordeel van die gemeenskap aan te wend. Daar is egter steeds groot uitdagings......more10minPlay
January 25, 2023'n Huis van hempAlbertus Louw vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die eerste huis wat van plaaslike hemp gebou is....more12minPlay
January 24, 2023Die N2 se brûeDawie Botha praat oor die brûe van die N2 in die Wes-Kaap....more11minPlay
January 24, 2023Haaivang (en vrylaat)Daar het al ‘n herrie of twee losgebars oor haaie wat deur hengelaars gevang, en vrygelaat, is. Van die haaie spoel soms uit en oorleef dit nie. Jacqui January het op die strand op ‘n hengelaar afgekom wat haaie vang en weer vrylaat. Sy oupa bly op St. Lucia in KwaZulu-Natal. Hulle vang al vir langeras twee dekades daar vis. Hy gesels ook oor die leefstyl vir afgetredenes op dié mooi kusdorpie....more7minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,467 episodes available.