Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.
January 20, 2023Die ElvisklubNicolette Meades vertel vir Martelize Brink van die Elvisklub vir sanhangers van die koning van rock....more12minPlay
January 19, 2023Xander Nel se gewigteXander Nel gesels oor gewigoptel. Hy het verlede jaar matriek geskryf, en laat spat reeds die rekords in die juniorkategorie vir 17 tot 24 jariges waarin hy deelneem....more9minPlay
January 19, 2023André von Plaster se geliefde St. LuciaDie iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal strek vir 220 km van St. Lucia af tot by die Mosambiekse grens naby Kosibaai. Dis ‘n mariene bewaringsgebied en was voorheen bekend as die Groter St. Lucia-vleilandpark. Die park is in 1999 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Jacqui January het op St. Lucia met André von Plaster gesels oor dié besondere plek wat hy al die afgelope 23 jaar huis noem. Hy vertel van sy seekoei en ratel in sy tuin en sy liefde en die interaksie met die see en omgewing....more8minPlay
January 19, 2023Koffie - vóór of ná ontbyt?Dieetkundige Irene Labuschagne praat die invloed van koffie op hormoonvlakke, en of jy tot na ontbyt vir die boeretroos moet wag....more6minPlay
January 18, 2023Carina se feetjiesSkrywer Carina Stander gesels oor haar grootwordjare en die tuin en feetjies wat haar so inspireer....more13minPlay
January 18, 2023Cannabis- en hempproduksie-opleidingWynand Espach vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n nasionale sertifikaat in plantproduksie met cannabis en hemp....more7minPlay
January 18, 2023“Onnies sal moet leer hoe werk dié skryf-BOT”Ons sit die gesprek oor kunsmatige intelligensie voort. Verlede week het ons gehoor hoe joernaliste in die gedrukte media sal moet aanpas om hulle werk duidelik te laat onderskei van die skryfwerk wat ‘n rekenaarprogram, oftewel BOT, met die naam ChatGPT kan doen. Maar, dit sal ook die onderwys raak, sê professor Darelle van Greunen, direkteur van die Sentrum vir Gemeenskapstegnologie by die Nelson Mandela Universiteit....more12minPlay
January 17, 2023Siviele ingenieurs se rol in infrastruktuurWerner Jerling vertel van siviele ingenieurs se rol in munisipale infrastruktuur en behuisingsprojekte....more13minPlay
January 17, 2023Hond red akteur se leweHaidee Muller-Isaacs gesels met die akteur en kunstenaar, John B. Swart. Hy het sy internasionale debuut gemaak in PLANET OF THE SHARKS en was ook in die HBO-program, RAISED BY WOLVES. Plaaslik was hy te sien in BOLAND MOORDE en ANDER MENS. Ons hoor hoe die hond, Tjoppie, John se lewe gered het nadat hy in 'n ernstige motorongeluk was 'n paar jaar gelede....more12minPlay
January 17, 2023Spanningsverhaal moedig kinders aan om skaak te speelLouis Holtzhausen vertel van ‘n kinderspanningsverhaal wat die belangstelling in skaak aanwakker....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,471 episodes available.