Vlugtige olie, ook bekend as essensiële olie, is teenwoordig in 'n klas van plante met aromatiese geur, wat verwerk kan word tot vlugtige olierige komponente. Boegoe is ‘n plant wat die Nederlanders by die Khoi en San leer ken het, en is bo aan die Suid-Afrikaanse lys van inheemse plante wat ge-oes word vir vlugtige olie. Jacqui January vertel meer.