Angelique Jones (30) was die eendag nog fiets, fiks en gesond, en die volgende is sy in die hospitaal besig om vir haar lewe te veg. In 2021 was sy ses weke swanger toe sy hoofpyn gekry het. By die hospitaal moes sy hoor 'n aar het gebars, en daar is bloeding op haar brein. Na vele ondersoeke, kom nog 'n skok - daar is velkanker in haar brein ('n baie skaars diagnose). Vandag is sy weer haar ou self, sy het 'n gesonde babaseuntjies, en die lewe is goed. Angelique vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar skokdiagnose en herstelproses.