Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
May 26, 2022Brad Habana in KatarUit die meer as twee-en-‘n-halfmiljoen inwoners van Katar is slegs 300 000 Kataarse burgers. Naas Rusland het dié land die tweede grootste gasveld ter wêreld. Dié skiereiland in die Persiese Golf is net 160 km lank en 80 km breed, maar dit is een van die rykste lande in die wêreld. Sokkeraanhangers weet dat die FIFA Wêreldbekersokker-eindtoernooi later vanjaar daar plaasvind. Johan Rademan het tydens ‘n besoek aan Doha by die 3-2-1 Olimpiese stadion met Brad Habana gesels. Hy is ‘n Suid-Afrikaner wat as seniorspesialis in die Opperliggaam vir Lewering en Nalatenskap in Doha werk....more9minPlay
May 25, 2022'n Loopbaan in geskiedenisFransjohan Pretorius, emeritusprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, gesels oor sy loopbaan in en passie vir geskiedenis wat reeds op laerskool begin het....more16minPlay
May 25, 2022Droë Baai ‘n mespunt vir besighedeTerwyl almal asem ophou en hoop vir reën om die Baai van ‘n waterlose toestand te red, wonder mense wat die ekonomiese impak van die waterkrisis sal wees, nie net in die teenwoordige tyd nie, maar ook die toekoms, want só iets skrik seker potensiële beleggers af. Mariska Spoormaker het praat hieroor met MC Botha, ‘n raadslid van die Nelson Mandelabaai Sakekamer....more11minPlay
May 25, 2022Wanvoeding in AfrikaVanjaar se tema vir Afrikadag is voeding. Ons hoor by ‘n pediatriese gastroenteroloog wat die stand van kindervoeding in Suid-Afrika en die res van Afrika is....more12minPlay
May 24, 2022Uit die buitekring - Emile GouwsEmile Gouws is outisties. Hy was tot op 15 nie-verbaal. Hy is tans 'n spesialisonderwyser en is besig met die laaste jaar van sy doktorale studies....more9minPlay
May 24, 2022Ethiopië se unieke kulturele gebruikeAfrikadag word elke jaar op 25 Mei herdenk. Ons fokus vandag op Ethiopië, wat met nie minder nie as nege UNESCO-wêrelderfenisgebiede spog. Die hoofstad, Addis Abeba, is die hoogste stad in Afrika op 2 400 meter bo seevlak. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die unieke kulturele gebruike in Ethiopië....more13minPlay
May 24, 2022SA Vloot kry drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuieAdmiraal André De Wet, Direkteur: Vlootmagvoorbereiding, vertel van die drie nuwe plaaslik vervaardigde vaartuie wat die SA Vloot bekendgestel het....more8minPlay
May 23, 2022Stories-op-die-stoep-projekMartelize Brink gesels met Mariet Conradie van die Ditsong Kruger Museum oor hul stories-op-die-stoep-projek wat interaksie tussen die museum en gemeenskappe bevorder....more14minPlay
May 23, 2022Van fotografie tot heuningbyeVrydag 20 Mei 2002 was Byedag. Haidee Muller-Isaacs kuier by Michael Hammond se The Honey Room. Die oudmediafotograaf vertel hoe sy byestokperdjie nou sy heeltydse werk geword het. Hy vertel ook wat mense van heuning moet weet....more13minPlay
May 23, 2022Is jy 'n kritiese denker?Akademiese spesialis Samara Cloete verduidelik wat kritiese denke is, en hoe ons dié vaardigheid kan aanleer....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.