Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
May 13, 2022Oom Willie vertel van sy Clivia-koorsTwee en twintig jaar lank het die 83-jarige Willie Le Roux van die Baai die een na die ander Clivia bestuif om nuwe kleure blomme op te tower. Noudat hy nader aan die winter as die somer van sy lewe staan, deel hy soveel as moontlik van sy kennis met ander Clivia-liefhebbers. Maar is die Clivia-koors nog so hoog onder Suid-Afrikaners, of is dit aan die afneem? Mariska Spoormaker het by Willie gaan kuier om te hoor, en haar in 'n see van Clivias vasgeloop....more10minPlay
May 13, 2022Pas op vir bedrieglike webblaaieHeino Gevers praat oor die verskynsel van bedrieglike webblaaie wat opskiet sodra die een of ander ramp êrens afspeel. Ons hoor van honderde bedrieglike webblaaie wat bedryf word om skenkings onder die vaandel van hulp aan Oekraïne te steel....more8minPlay
May 12, 2022Die veelsydige granaatElrita Venter en Kurt Schlechter laat Johan Rademan en Martelize Brink proe aan ‘n skemerkelkie met gestookte granate as die sterbestandeel....more17minPlay
May 12, 2022Edwin se lewenspadEdwin Etzebeth vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy uitdagings as 'n kind met disleksie. Hy is geboelie, maar daar was onderwysers wat hulle oor hom ontferm het. Hy het op 13 die skool verlaat en los werkies begin doen. Hy vertel hoe hy as negentienjarige sy sibbe alleen moes grootmaak nadat hulle wees gelaat is. Hy glo daar is ‘n rede hoekom die Here sekere goed op sy pad geplaas het....more12minPlay
May 12, 2022Doktorsgraad in vernufpoësieDr. Daniel Hugo gesels oor die limiriek. Hy het sy doktorsgraad verwerf in vernufpoësie, waarvan die limiriek een voorbeeld is....more3minPlay
May 12, 2022Navorsingsentrum lok internasionale studenteDr. Elbé Coetsee vertel van die Mogalakwena Navorsingsentrum in Limpopo wat internasionale studente ontvang, wat navorsing doen oor Afrikakultuur en -ekologie....more10minPlay
May 11, 2022Toutrek in Suid-AfrikaAnton Rabe, president van die Internasionale Toutrekfederasie, gesels oor dié sport in Suid-Afrika....more20minPlay
May 11, 2022Bewaring in die Groot KarooJacqui January gesels PC Ferreira, ‘n boer en bewaarder in die Groot Karoo. Hy vertel dat die laaste seekoei 230 jaar gelede in die Seekoeirivier geskiet is. Hy maak deesdae die bewaring en hervestiging van meer as net seekoeie sy lewenstaak....more11minPlay
May 11, 2022Ondernemings se verantwoordelikheid met produkverpakkingGizelle Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ondernemings se verantwoordelikheid met die verpakking van hulle produkte, en hoe dit herwin kan word....more6minPlay
May 10, 2022Uit die Buitekring: Junette SysterJunette Syster gesels oor haar loopbaan as ‘n sogenaamde kurwemodel....more14minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.