Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
May 05, 2022Naaldekokers wys waterbesoedeling uitWater is ‘n lewensnoodsaaklike bron, en kan nie deur die mens vervaardig word nie. Die besoedeling van water hou verreikende gevolge in vir mens, dier en plant. Jacqui January gesels met ‘n navorsingstudent oor die besoedeling van water, en hoor watter rol naaldekokers en ander insekte speel as indikatorspesies, om te bepaal hoe besoedel ‘n rivierstelsel is....more9minPlay
May 04, 2022Frieda van den Heever kuier by driesestigJohan Rademan en Martelize Brink gesels met Frieda van den Heever. Ons leer ken hierdie teatermens wat ook op RSG gehoor word....more19minPlay
May 04, 2022Colleen Murphy se droom om te skepColleen Murphy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy begin poppe maak het. Daarna het sy rooiwynsout begin maak, wat gespruit het uit haar pa se gesondheid. En toe het Covid die wêreld verander, veral in klein gemeenskappe, sê Colleen. Haar missie was dat sy moes help in haar grootwordplek, Calitzdorp, deur ‘n bedryf te skep met dinge wat rondom haar is. Sy wou terselfdertyd verseker dat waardes en eenvoud steeds behoue bly....more12minPlay
May 04, 2022Klankleser laat boeke leweChristo Reitz vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n klankleserpen wat jy saam met ‘n boek gebruik word. Die klankleser speel bv. die klank wat ‘n voël maak wanneer jy die klankleser by die prent van die voël hou....more10minPlay
May 03, 2022Uit die Buitekring: Debbie ThompsonDebbie Thompson vertel van haar ervaring as ‘n vrou in ‘n manswêreld. Sy is een van die eerste Suid-Afrikaanse vroue wat ‘n wynmaker geword het....more15minPlay
May 03, 2022Baaienaars, vang nóu julle eie reënwater op, of…Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku waterverbruikers in Nelson Mandelabaai en omliggende streke dat die opgaardamme binne die volgende maand of wat leeg sal wees. Garth Sampson van die Baaise weerkantoor het aan Mariska Spoormaker gesê droogtes en vloede is eie aan die streek, en inwoners moet leer om hulle wateropgaar- en verbruikmetodes daarby aan te pas....more10minPlay
May 03, 2022Nuwe lewe vir weggooigoedAlmie Louis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy weggooigoed 'n nuwe lewe gee om dit onder andere in haar hotel se 42 kamers te benut....more14minPlay
May 02, 2022Marguerite se kosfotografieMarguerite Oelofse vertel vir Martelize Brink van kosfotografie en die jongste kosneigings....more15minPlay
May 02, 2022Die man met die dieretuin in sy mondHaidee Muller-Isaacs het vroeër vanjaar die KKNK op Oudtshoorn vir William Japhta ontmoet. Hy boots diere na want hy het op 'n plaas grootgeword, sê hy....more9minPlay
May 02, 2022Betekenis en geluk in die werksplekProf. Mias de Klerk praat oor betekenis en geluk in die werksplek....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.