Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Werkswinkel vir vroue-entrepreneurs
    Haidee Muller Isaacs was in Kuilsrivier waar ‘n strategiese werkswinkel vir vroue-entrepreneurs aangebied is. Sy het ‘n paar sterk vroue ontmoet wat ander vroue leer hoe om besighede van die grond af te kry. Hulle vertel vir Haidee hoekom hulle alles in hulle vermoë doen om vroue te bemagtig. Twee oudonderwysers vertel van hulle eie besighede waar hulle ander aan die hand vat. Haidee hoor ook van ‘n vrou wat al op 15 ‘n entrepreneur geword het.
    13 min
  • Karoo Padstal
    Martelize brink kuier by die Karoo Padstal, en gesels oor die plaaslike ekonomie met die eienaar wat na baie jare in die stad, terug na die Karoo getrek het.
    10 min
  • Juan Roberts se musiek
    Die 13-jarige Juan Roberts en sy ma, Hilde, gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy musikale talent. Hy skryf sy eie musiek en bespeel self al die instrumente op sy album, Someday Soon.
    16 min
  • Riyaad se atletiekklub
    Riyaad Avontuur vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die Bonteheuwel Atletiekklub wat hy begin het om kinders uit die kwaad te hou. Riyaad was langer as 18 jaar verslaaf aan dwelms, maar het pas ‘n toekenning ontvang omdat hy langer as 5 000 dae skoon is. Sy atletiekklub gaan nou van krag tot krag.
    11 min
  • Karen Muir, die swemwonderkind
    Chris Steyl en Karike Human gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Karen Muir, die swemwonderkind wat op 12-jarige ouderdom al ‘n senior wêreldrekord gebreek het. Nog 17 het gevolg teen die tyd dat sy sewentien was. Karike vertel van haar ma. Chris het ‘n boek or Karen saamgestel.
    18 min
  • Skok oor Algoabaai se verdwene pikkewyne
    Natuurliefhebbers in Algoabaai het met skok gereageer op die nuus dat daar slegs sowat 2 500 brilpikkewyne op Algoabaai se St. Croix-eiland oor is. Enkele jare gelede was St. Croix die tuiste van die meeste brilpikkewyn-broeipare in die wêreld. Ronelle Friend, ‘n omgewingswetenskaplike van die Baai, het ondersoek gaan instel en foto’s van ‘n pikkewyn-verlate St. Croix op haar Facebookblad geplaas. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.