Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
March 25, 2022Hendrik vannie hotelHendrik Jumboe is op Barrydale gebore. Hy moes al vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy vertel dat hy al op 7 jaar op die plaas tuinwerkies begin doen het. Hy het wel later leer lees en skryf, en was toe op die ou end meer as 36 jaar lank die kroegman by die eens gewilde Swellengrebel Hotel op Swellendam. Die hotel se deure is nou toe, en die gebou is verkoop. Hendrik vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy daar beland het, en sy liefde vir die gaste wat van heinde en ver gekom het. En hoe hy leer Engels praat het…...more10minPlay
March 25, 2022Virtuele karatekompetisiesFritz Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van sy karateloopbaan en die virtuele kompetisies waar hy koning kraai....more8minPlay
March 25, 2022Bettie Jass Milford se Sweedse bokkeBoerdery is ‘n uiters stresvolle en soms moeilike beroep. Landelike gebiede waar gemeenskapsboerdery ‘n werklikheid is, het verdere uitdagings. Dit bied egter die geleentheid om te boer, spesifiek vir vroue. Jacqui January het een so ‘n vrou, Bettie Jass Milford, op Kommagas in die Namakwaland raakgeloop....more7minPlay
March 25, 2022Sjef Jan-Hendrik dankbaar dat restaurante kop oplig ná twee jaarBekroonde sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen gesels uit Parys oor sy rol as een van die nuwe beoordelaars van die Eat Out-toekennings, watter neigings hy voorspel, en sy dankbaarheid dat restaurante weer kop oplig twee jaar ná die begin van die pandemie....more9minPlay
March 24, 2022Ondersteuning vir kinders met alkoholisouersNatalie Bossi vertel van ALATEEN, ‘n aanlyn-ondersteuningsgroep vir kinders wat blootstelling het aan 'n alkoholis....more13minPlay
March 24, 2022Karikature by trouesPeter Mascher vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die karikature wat hy by troues skets....more13minPlay
March 24, 2022Is jou kind luistervaardig?Cecile Niewoudt verduidelik hoe om jou kind se luistervaardighede te ontwikkel....more11minPlay
March 24, 2022Boek met idiome oor waterNelmari Kemp vertel van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans se boek met idiome oor water, wat in drie tale saamgestel is....more12minPlay
March 23, 2022Herman Lensing se kosreisKoskenner Herman Lensing gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy grootwordjare, loopbaanhoogtepunte en sy rol in ‘n rolprent....more23minPlay
March 23, 2022Street Smart help straatkindersMelanie Burke vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Street Smart help om kinders van die straat af hou....more7minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.