Die handwerkgroepie by Suzie se koffiewinkel in Kuilsrivier maak die mooiste goed. Daar is iets van alles - mussies, kersboomversierings, komberse en truie. Daar is ook altyd iets lekker by hierdie byeenkomste, soos die heerlike koesisters op die dag toe Haidee Muller-Isaacs daar gaan kuier het. Die groep vroue vertel vir haar hoe hulle mekaar se stories van lief en leed leer ken, en sodoende mekaar ondersteun.