Brixton is ‘n woonbuurt ‘n klipgooi van die SAUK in Johannesburg. Die gebied teen die bult is in 1902 gevestig, en die uitsaaitoring, die bekendste baken in die woonbuurt, is in 1961 gebou. Die Sentechtoring pronk steeds teen die bult, en was die middelpunt van die onlangse Ligfees wat deur die mense van Brixton gehou is. Jacqui January gesels met een van die buurt se bekendste inwoners, Elzabé Zietsman, wat vertel van dié besondere gemeenskap.