Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter M val, word bespreek deur Linda van Greunen, direkteur van die Trust-sake-eenheid van HHG Finansiële Groep, Stephan van der Watt en Eduan Basson van HGG se Welvaart-sake-eenheid, en Karen Pnematicatos van Helderberg Insurance Brokers, ‘n eenheid van HHG Finansiële Groep.