Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Tjokka lewer seebodem-skouspel
    'n Man van Kaap St. Francis in die Oos-Kaap sê hy glo daar was al meer mense in die ruimte as wat daar mense was wat die tjokka se broeiseisoen op die seebodem beleef het. Hy is Russel Sadler, onder meer kampioenlewensredder en visserman wat die tjokka se broeiskouspel beleef het toe hy 'n marinefotograaf na die seebodem moes neem. Hy vertel vir Mariska Spoormaker wat hy daar gesien het.
    10 min
  • Suzaan van Swellendam se skou
    Suzaan Smit is op 35 die tweede vrouepresident, die jongste nóg, van die Swellendam Landbougenootskap. Sy is al sedert haar twintigs betrokke by die skou wat 190 jaar oud is. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe alles gebeur het en haar passie vir die dorp en sy mense.
    12 min
  • Kransaasvoëls in Oos-Kaap gerehabiliteer vir vrylating
    Die grootste getal kransaasvoëlkuikens wat in aanhouding by die Vulpro Aasvoëlrehabilitasiesentrum in Noordwes uitgebroei het, het by die plaas Rocklands in die Oos-Kaap aangekom vir latere vrylating in die natuur. Hier sal die bekende aasvoëlrehabiliteerder, Kate Webster, die voëls vlieggereed kry vir hulle vrylating. Mariska Spoormaker het met Kate gesels.
    10 min
  • Danielle Britz doen meestersgraad oor Afrikaanse rolprente
    Aktrise Danielle Britz vertel van haar meestersgraadproefskrif oor kontemporêre Afrikaanse films, en hoe die temas tussen hierdie en ouer flieks vergelyk en verskil. Sy sê die narratief van helde is problematies, en baie kan nie daarmee identifiseer nie. Sy gesels ook ook verstrooiingsvermaak.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.