Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter K val, word deur Linda van Greuning, direkteur van HGG Finansiele Groep se Trust-sake-eenheid, Niek van den Berg, direkteur van HGG se Welvaart-sake-eenheid en prof. JP Smit, verbonde aan die Departement Filosofie van Stellenbosch Universiiteit, bespreek.