HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Hendrik Gerryts, die uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, en Jaco Minnie, 'n prokureur en aktebesorger verbonde aan die regsfirma Miller Bosman Le Roux, sit hulle gesprek oor uitkomste uit 'n geldpenarie voort. Die voordele en gevolge van boedeloorgawe en bankrotverklaring kom onder die loep.