HGG Finansiële Groep bied die reeks, Geldgids, aan om in dié tyd van geldverknorsing hoop te gee en kennis oor te dra. Hendrik Gerryts, die uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, en Jaco Minnie, 'n prokureur en aktebesorger verbonde aan die regsfirma Miller Bosman Le Roux, is die kundiges wat uitweë uit geldverknorsing bied. Hulle bespreek onder meer skuldberading, sakeredding, insolvensie en likwidasie en ook die gepaardgaande regsproses. hggroep.co.za