Die superfikses sê dit is kroek-fietsry, maar diegene wat so lekker op elektriese fietse, ook bekend as e-bikes, rondrits, steur hulle weinig aan dié soort opmerkings. Die pandemie, wat fiksheid en buitelug so belangrik maak, het die ideale mark vir e-fietse geskep, het Mariska Spoormaker in gesprek met Matthew Adams van Cycle Pro in die Baai gevind.