Die Tuinroete het nou sy eie Camino-staproete, geskoei op die Camino de Compostela-staproete in die noorde van Spanje, wat jaarliks groot getalle besoekers van dwarsoor die wêreld lok. Diie Tuinroete-camino is die sustersroete van die gewilde Pelgrimstog vir Hoop, wat in die Stellenbosch- en Overberg-omgewing is. Die eerste groep stappers op die roete het in die week van 14 Junie informeel gestap, en die tweede formele groep het op Vrydag 25 Junie in Uniondale begin. Ds. Gert Nothnagel, leraar van die NG Kerk op Herold, het vir Haidee Muller-Isaacs meer van die roete vertel. Sy het ook met ds. Frederick Marais van Stellenbosch en die skrywer en TV-aanbieder, Erns Grundling, gesels.