Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,476 episodes available.
June 10, 2021Finansiële opvoeding vir jongmenseGeo Botha praat oor finansiële opvoeding wat toeganklik gemaak moet word vir jongmense....more12minPlay
June 09, 2021SierskaatsEnzo D ‘Aguanno vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sierskaats in Suid-Afrika....more11minPlay
June 09, 2021Dr. Chris, die petrolkopDr. Chris van der Merwe is ‘n bekende sakeman wat as die uitvoerende hoof van twee genotteerde maatskappye gedien het. Min mense ken die pad wat hy geloop het en sedert hy die Hoërskool JG Meiring verlaat het. Hy het sonder ‘n pa groot geword en by ‘n tannie naby Goodwood in die Kaap gebly. Sy twee ooms was dieselwerktuigkundiges wat hom aan die motorwêreld blootgestel het. Hy is ‘n selferkende petrolkop en spog vandag met voetuie soos ‘n Bentley, ‘n Cobra (wat die enjin dra van die drie segetogte in die film, Ford versus Ferrari) en ‘n Morgan uit die 1901-fabriek in Goodwood in Engeland. Hy het ook al die F1-jaer en wêrledkampioen, Lewis Hamilton, ontmoet. Johan Rademan het in Garage Goodwood in Franschhoek by hom gaan kuier waar hy ‘n paar weggesteekte geheime en juwele met hom gedeel het....more21minPlay
June 08, 2021Volg die fees van die walvis!Vanjaar word die walvis behoorlik gevier met ‘n klomp walvisfeeste wat kuslangs van Algoabaai tot anderkant die Weskus gehou gaan word. Die feeste val saam met duisende bultrugwalvisse wat van nou af in Suid-Afrikaanse waters begin aankom as deel van hulle jaarlikse migrasietogte langs die Oos- en Weskus van Afrika, op pad na die ewenaar. Donè Louw, toerismebeampte van Nelson Mandelabaai, het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom die fees so belangrik is....more8minPlay
June 08, 2021Bemagtigingsprojek vir vroue in vervoerNicci Scott en Joubert Cilliers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor 'n bemagtigingsprojek vir vroue in vervoer....more14minPlay
June 08, 2021POPI-wet tree binnekort in werkingPR de Wet praat oor die POPI-wet wat binnekort in werking tree....more12minPlay
June 08, 2021Wêreld OseanedagDr. Gerhard Cilliers gesels oor Wêreld Oseanedag en die navorsing wat gedoen word....more11minPlay
June 07, 2021Chris van der Westhuizen se onderwysroepingHaidee Muller-Isaacs kuier by Chris van der Westhuizen by sy huis in Bellville. Hy het 'n vorige keer vir ons die mooiste storie vertel van sy oorlede ma wat in sy geboortedorp, Upington, bekendgestaan het as Tannie Nellie Naald. Nou vertel die afgetrede Chris die hartverwarmende verhaal van sy 34 jaar in die onderwys - 18 jaar daarvan, as skoolhoof. Chris maak ook sy hart oop oor sy liefde vir die spreekwoordelike afvlerkvoëls, en hoekom hy glo die onderwys sy roeping was....more12minPlay
June 07, 2021WintermodesSuzanne Kotze en Justine Kroes vertel vir Martelize Brink van die nuwe wintermodes....more12minPlay
June 07, 2021Kan kuns wys dat kind geboelie word?Kunsberader Lorette Dye vertel vir Martelize Brink hoe kuns kan verklap of 'n kind geboelie word....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,476 episodes available.