Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Watter impak het die pandemie op kore?
    Hoe raak die voortslepende pandemie kinders vir wie koorsang 'n welkome buitemuurse aktiwiteit is? Haidee Muller-Isaacs gesels hieroor met Karina Erasmus, afrigter van die Tygerberg-kinderkoor, en van die kinders in die koor.
    13 min
  • Jacques Gombault
    Akteur Jacques Gombault vertel hoe sy jeugervaringe sy loopbaan gevorm het, en van die jeugprojek waar hy betrokke is.
    14 min
  • Tafelberg
    Tafelberg is in 2020 aangewys as Afrika se voorste toerisme-attraksie. Vanjaar is dit weer genomineer in dieselfde kategorie en die Tafelberg Sweefspoormaatskappy is genomineer in die Verantwoordelike Toerisme-afdeling.
    9 min
  • Groter vaderliefde kry jy nie
    Die mooiste storie van vaderliefde kom uit die Bergsebra Nasionale Park naby Cradock in die Oos-Kaap. Die vader se naam is Mabula, ‘n jagluiperdmannetjie. Sy welpies se name is CJ en Chad. Die storie het begin toe Angela, Mabula se wyfie, hulle welpies gaan leer het hoe om te jag. Roland Januarie, hoof van die Bergsebra Nasionale Park, vertel vir Mariska Spoormaker wat gebeur het.
    9 min
  • Dink jy te veel?
    Lewensafrigter Lizette Volkwyn sê wanneer te veel oor 'n ding dink, begin jy om jou vermoëns te bevraagteken.
    11 min
  • Projek wil kinders basiese morele waardes leer
    Basiese morele waardes is die grondslag van emosionele intelligensie, sê
    Magdie de Kock, wêreldpresident van die Vereniging van Landelike Vroue. Een van die lidorganisasies van die vereniging, Die Dameskring, het 'n projek begin om gesonde waardes onder kinders te kweek. Jacqui January het meer hieroor gaan uitvind hieroor by die president van die Dameskring, Coreen King.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.