Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.
March 17, 2021Beste studierigtig as jy nie weet wat jy wil doen nieMarnell Kirsten vertel vir Martelize Brink wat die beste studierigtings is as jy nog nie op 'n loopbaan besluit het nie....more9minPlay
March 16, 2021Swem vir die kunsteCarina Bruwer vertel vir Johan Rademan van haar 21 km swem oor Walkerbaai om geld in te samel vir kunstenaars wat deur die inperking getref is....more17minPlay
March 16, 2021Mooi ná kankerOnaangename newe-effekte is onlosmaklik deel van kankerpasiënte se behandeling. Geliefdes en vriende kan dalk nie help om die ongemak en pyn te verlig nie, maar ondersteuning van watter aard ook al, het ‘n blywende effek. Jacqui January hoor van ‘n organisasie wat hiermee help en praktiese wenke gee d.m.v. ‘n werkswinkel. Sy gesels hierooer met Christie Frasie van Look Good Feel Better....more8minPlay
March 16, 2021Wat is die verband tussen Afrikaans en die skool op Schalk Burger se plaas?CP Hoogenhout was die eerste redakteur van DIE AFRIKAANSE PATRIOT, wat in 1876 die eerste keer gepubliseer is. Hy was die skoolhoof van die Groenbergskool op die plaas Welbedacht op Wellington waar die Springbok Schalk Burger vandag woon. Johan Rademan het met Schalk Burger senior gesels oor Afrikaans wat amptelik nog nie ‘n 100 jaar oud is nie, want dit is eers in 1925 as amptelike taal verklaar....more7minPlay
March 15, 2021Stuiptrekkings by diereVeearts dr. Ingrid de Wet praat oor epilepsie en soortgelyke kondisies by troeteldiere....more13minPlay
March 15, 2021Martelize se vliegervaringMartelize Brink het in 'n Cessna gaan vlieg en selfs beheer daarvan geneem. Sy gesels met vlieënier en instrukteur van die Stellenbosch Vliegklub, Alwyn Vorster....more10minPlay
March 12, 2021Film- en televisie-vaardigheidsprogram vir plattelandse jeugAktrise Lika Berning gesels oor haar vaardigheidsprogram om jongmense in landelike gebiede die basiese begrip van die film- en TV-bedryf te leer, wat andersins ‘n plaas se prys sou kos. Die doel hiervan is nie net om praktiese vaardighede in digitale media na landelike gebiede te bring nie, maar ook om stories te vertel en die erfenis van gemeenskappe te deel....more8minPlay
March 12, 2021Transformasie in jou besigheidJohan Kruger van Consulta praat oor die belangrikheid van transformasie en aanpassing by ‘n veranderende wêreld in jou besigheid....more20minPlay
March 11, 2021DuinebesiesDie Duinebesie-kultuur is op die voorgrond geplaas deur Bruce Meyers, wat onlangs oorlede is. Johan Rademan praat met Anton Kleyn van die Wild Bugger Beach Buggy Club oor hierdie stokperdjie en sportsoort in Suid-Afrika....more9minPlay
March 11, 2021Kewer saai verwoesting onder Goudstad se bomeDis ‘n bekende feit dat Johannesburg een van tien stede in die wêreld is met die grootste mensgemaakte woude. Dit mag dalk verander as daar nie vinnige drastiese stappe gedoen word nie, om ‘n kewer te keer wat ‘n vernietigende uitwerking het op die stad se bome. Jacqui January praat met Mike Viviers, ‘n navorser by Random Harvest, wat die afgelope drie jaar bome in die stad besproei en probeer beskerm teen dié uitheemse kewerspesie. Mike vertel waar die kewer vandaan kom....more13minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.