Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.
March 11, 2021Huisverbetetings wat waarde toevoegWatter soort verbeterings moet jy aan jou huis doen en watter persentasie van jou eiendomswaarde moet jy spandeer om werklik 'n opbrengs op jou belegging te verwag. Johan Rademan kry die antwoorde by Jeanne du Plessis, kommunikasiekonsultant by kandua.com....more11minPlay
March 10, 2021Jong akteurs gehelpHaidee Muller-Isaacs gesels met aktrise Ira Blanckenberg oor haar passieprojek om jong akteurs die geleentheid te bied om hul verhoogstaal te wys, ondanks die kansellasie van ander dramakompetisies en eisteddfods weens die Covid-19-pandemie....more11minPlay
March 09, 2021Onderwyser se Dakar-droom word waarPaul Ludeke van Uitenhage is seker die enigste onderwyser in die land wat kan sê hy was aktief betrokke by die Dakar-woestynren. Dit maak van Paul 'n goeie rolmodel, want die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar, waar hy onderwyser is, is die enigste skool in die land wat motorsport as ‘n buitemuurse aktiwiteit aanbied. Mariska Spoormaker wou by hom weet hoe hy by die Dakar beland het....more9minPlay
March 09, 2021SpeldekussingsJohan Rademan gesels met dr. Eugenie-Lien Louw, operasionele bestuurder en protea- en sitruskonsultant by FirstFruits Consulting net buite die Paarl. Sy het haar doktorsgraad in speldekussings gedoen. Hierdie proteasoort is gesog in die wêreld, en sorg dat Suid-Afrika sowat R150-miljoen per jaar met uitvoere verdien. Die mier speel 'n belangrike rol in die beskerming van die saad, voor ‘n veldbrand dit kan vernietig....more12minPlay
March 09, 2021Toep vir trauma- en misdaadsituasiesTrigger, 'n nasionale nooddienstoepassing, is ‘n toep wat trauma- en misdaadsituasies kan oplos of veiliger maak wanneer ‘n mens in ‘n gevaarlike situasie beland. Ben Booysen, die bedryfshoof van Trigger, vertel wat die toepassing doen en die behoefte daarvoor....more9minPlay
March 08, 2021Geslagsgelykheid in die werkplekOp Internasionale Vrouedag gesels Martelize met dr. Linda-Louise Geldenhuys van Boston City Campus oor geslagsgelykheid in die werkplek....more10minPlay
March 08, 2021Huurders en verhuurdersMartelize Brink praat met Zabeth Venter, bestuurshoof van Averly, oor die verhouding tussen huurder en verhuurder. Hulle gebruik tegnologie om hierdie verhouding te verbeter, want dis gewoonlik gelaai met struweling....more7minPlay
March 08, 2021Wat is Moringa?Ons bespreek hierdie indringerplant. Hoe word dit gekweek? Waarvoor word dit gebruik, en wat is die gesondheidsvoordele?...more14minPlay
March 05, 2021Melene RoussouwSy is onlangs aangestel as een van die direkteure van WP Professionele Rugby, en in 2020 het was sy op die lys van die Top 10 mees uitsonderlike jongmense in die wêreld. Jacqui January gesels met Melene Roussouw, ‘n jong vrou van die Kaapse Vlakte, wat haar lewe wy aan ‘n geslagsgelyke samelewing....more13minPlay
March 05, 2021Gee fooitjies sonder kontantLuandrn Jansen van Vuuren, medestigter van uPhil, vertel van ‘n kontant- en kontaklose fooitjietoepassing....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.