Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.
February 23, 2021Ou Kaapse meubelsChris Aucamp gesels met Johan Rademan oor Ou Kaapse meubelstyle uit verskillende eras....more21minPlay
February 23, 2021Opsies vir belastingverligtingBelastingkenner Herman van der Merwe vertel vir Johan Rademan watter opsies daar is om belastingverligting te bewerkstellig. En prof. Johan Smith vertel van die Tygerberg Hospitaal Kindertrust se Drop 10 Klub waar skenkings van jou belasting afgetrek kan word....more21minPlay
February 22, 2021Laat jou diere inentVeearts dr. Ingrid de Wet gesels met Martelize Brink oor inentings by diere....more8minPlay
February 22, 2021‘n Tweede kans vir matriekOp Uitenhage het 'n klomp leerkragte bymekaargekom om mense van enige ouderdom by te staan, wat hulle matriekpunte wil verbeter of hulle matriek vrystellingsertifikaat wil behaal. Die aanbieding van klasse geskied binne die onderwysdepartement se Tweede Kans-program, het Edward Goliath aan Mariska Spoormaker verduidelik....more12minPlay
February 22, 2021Hoe hanteer ek afdanking of gedwonge aftredeSielkundige Hannetjie van Zyl-Edeling gesels met Martelize Brink oor hoe jy afdanking of gedwonge aftrede kan hanteer....more13minPlay
February 19, 2021Handsakke vir slagoffers van geweldVroue en hulle handsakke is onafskeidbaar. Die geskiedenis van handsakke gaan so ver terug soos die 16e eeu in dae voor daar sakke in klere was. Het jy geweet handsakke is eers net deur mans gedra? Hierdie storie gaan oor handsakke wat geskenk word vir vroue wat soms, sonder ‘n handsak, in ‘n situasie beland waar sy hulp nodig het. Rike Venter samel handsakke in, pak dit en oorhandig dit aan vroue wat slagoffers van geweld geword het. Jacqui January gesels met haar....more10minPlay
February 19, 2021MoedertaaldagMelody Kleinsmith gesels met Martelize Brink oor Iziko Museums se verbintenis tot taalverskeidenheid en hulle viering van Internasionale Moedertaaldag....more6minPlay
February 19, 2021Maryke Musson in AntarktikaMaryke Musson vertel vir Martelize Brink van haar onlangse ervaring in Antarktika....more15minPlay
February 18, 2021SonkragstelselsXavier Louw gesels met Johan Rademan oor sonkragstelsels. Hulle kyk na hoe hierdie tegnologie prakties geimplimenteer kan word....more13minPlay
February 18, 2021“Mak” seemeeue word rowersIn Nelson Mandelabaai het die onlangse strandverbod ‘n paar interessante dinge oor die impak van mense op die gebied se fauna en flora uitgewys. Een hiervan is dat die seemeeue op een van Port Elizabeth se strande, wat aan bedel gewoond was, rowers geword het wat vis by ander voëls afvat. Mariska Spoormaker praat hieroor met Ronelle Friend, ‘n omgewingswetenskaplike by Enviro Quest in Port Elizabeth....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.