Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.
November 06, 2020Gewilde bode van SAUK in Seepunt onthouRuben van Wyk het langer as 30 jaar by die SAUK in Seepunt, Kaapstad, as bode gewerk. Hy was alombekend vir sy borrelende geaardheid en natuurlik het hy oor die jare heen in almal by die Seepunt-gebou se harte ingekruip. Ruben het ‘n paar jaar gelede afgetree, en verlede week het hy ongelukkig gesterf. Vandag wil ons graag hulde aan Ruben van Wyk bring, en ons speel vir jou ‘n opname van ‘n geselsie tussen Haidee Muller en Ruben wat in 2014 kort voor sy aftrede uitgesaai is. Ruben, jy sal altyd in ons harte bly voortleef....more13minPlay
November 06, 2020Alvano se kletsrymelaryAlvano Baartman het sy sig verloor toe hy drie jaar oud was nadat sy pa hom teen die kop geslaan het. Vandag is musiek sy passie. Hy vertel vir Martelize Brink van die uitdagings as siggestremde om ‘n suksesvolle loopbaan as kletsrymer te volg....more8minPlay
November 05, 2020BarbertonRoelf le Roux, 'n afgetrede geoloog, vertel van Barberton se besondere geologie en die gebied wat as wêrelderfenisgebied verklaar is....more16minPlay
November 05, 2020SA nou deel van internasionale naskoolse leerdersprojekSuid-Afrika het deel geword van die internasionale gemeenskap in ‘n naskoolse leerdersprojek. Lights On Afterschool, wat die afgelope 20 jaar internasionale bestaan, is nou vir die eerste keer in Suid-Afrika. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die projek....more9minPlay
November 05, 2020NoordhoekNoordhoek met sy perdekultuur, doen langtermynbeplanning om die dorp se karakter te bewaar te midde van verstedeliking en ander uitdagings. Marike Colyn van die Belastingbetalersvereniging vertel hoe die dorp al die rolspelers hierby betrek het....more12minPlay
November 04, 2020GeologieDie konsep van geologie kom van twee Griekse woorde - geo, wat Aarde beteken, en logo wat studie beteken. Dit gaan oor die wetenskap en ontleding van die binne- en buitevorm van die planeet. Dit is dus die bestudering van die vlakke wat die aardbol vorm en die vormingsmeganisme daarvan. Jacqui January gesels met geoloog prof. Hennie Theart....more10minPlay
November 04, 2020Wat is WASP?Martelize Brink praat met Jan Vermeulen, redakteur by My Broadband en ondersoekende joernalis, oor wat WASP is, die probleme daarmee en watter rol dit gespeel het in die moord op luitenant-kolonel Charl Kinnear....more19minPlay
November 03, 2020SA kandelare in die WithuisJohan Rademan praat met Shane Petzer van Magpie Art Collective op Barrydale oor hulle kandelare, wat agt jaar lank in die Withuis in Washington DC gehang het. Dit het saam met die Obamas na hulle nuwe huis getrek....more10minPlay
November 03, 2020Om jou hare vir ‘n kankerpasiënt te laat groeiHierdie is die storie van Robert Lipka van Port Elizabeth wat só dankbaar was toe hy in 2016 suksesvol teen prostaatkanker behandel is, dat hy sy hare die afgelope vier jaar laat groei het. Maar sy spoggerige poniestert gaan nou waai, het hy vir Mariska Spoormaker gesê....more7minPlay
November 03, 2020Bart Pieterse se hondeJohan Rademan praat met Bart Pieterse, wat 16 jaar lank verbonde was aan die polisie se honde-eenheid op Bethlehem. Het daar met ‘n patrollie- en springstofhond gewerk, en het ook agt jaar lank in Irak en Afghanistan met honde gewerk....more16minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,479 episodes available.