Jana Birch het huis en haard verkoop om drie jaar lank in die Ooste te gaan reis. Sy was in ‘n gemaklike situasie as TV-vervaardiger en regisseur van o.a. Pasella op SABC, maar sy en haar man, ‘n veearts, het hulle beroepe tydelik gestaak om te gaan reis. Jana het ook musiek gekomponeer vir o.a. ‘n kortfilm, Vismense, en terwyl sy reis, skryf en komponeer sy gedurig. Sy deel van hulle ervaringe met Johan Rademan.