Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
August 17, 2020OliestortingsMaryke Musson vertel vir Martelize Brink van olierampe aan die Suid-Afrikaanse kus en elders in die wêreld....more19minPlay
August 14, 2020Pierre Volschenk - Deel 3Johan Rademan gesels vir oulaas in 'n reeks van drie praatjies met die 94-jarige kreatiewe en aktiewe Suid-Afrikaanse kunstenaar, Pierre Volschenk. Miskien hang daar 'n olieverf op jou muur, maar hy is ook bekend vir sy massiewe bronsbeelde en borsbeelde. Elkeen wat hy maak verg baie geduld. Mense is al deur hom verewig soos pres. Nelson Mandela, dr. Danie Craven en die Chris Barnards – dis nou die skrywer en die hartchirurg. Anna Neethling Pohl was ook 'n groot uitdaging, maar een van sy bekendste werke het 'n paar dramas en geheime wat hy met ons deel....more14minPlay
August 14, 2020Afrikaans in die werkplekAnnelise de Vries gesels met Martelize Brink oor Afrikaans in die sake- en werksomgewing....more17minPlay
August 14, 2020Parrie die pylstertFrancois de Wet vertel vir Martelize Brink van Parrie, die bekende pylstert in Struisbaai se hawe. Hy het sy eie Facebookblad, en nooi jou om te kom kuier....more9minPlay
August 13, 2020Wêrelddag vir LinkshandigesBun Booyens gesels met Martelize Brink oor die internasionale dag vir linkshandiges. Booyens is self 'n hotklou. Hy vertel van die uitdagings vir linkshandiges, maar ook die voordele soos die wat jy in die sportwêreld kry....more18minPlay
August 13, 2020NP van Wyk Louw se wedyweringAugustus is NP van Wyk Louw-maand op RSG. Voor die tyd van e-posse, SMS'e, Twitter, Instagram en Facebook het skrywers anders geleef. Trouens daar was gesonde wedywering. Johan Rademan gesels met Daniel Hugo oor twee karperde en 'n besondere vrou wat gesonde kompetisie vir mekaar gebied het....more9minPlay
August 13, 2020Pierre Volschenk - Deel 2Die 94-jarige Pierre Volschenk is nog voluit besig met sy kunsloopbaan waar hy in Gordonsbaai oor Valsbaai uitkyk. Sy wortels lê wyd in Suid-Afrika. Hy vertel aan Johan Rademan van die moeisame pad wat hyself moes loop om 'n suksesvolle kunstenaarsloopbaan te hê. Dit het by hom 'n sagte plekkie gelaat om jong gemarginaliseerde kunstenaars aan te moedig en te ondersteun. Gister het ons gehoor dat hy die eerste Suid-Afrikaner geword het in Suid-Afrika om 'n doktorsgraad in Suid-Afrika te verwerf. Johan het in prof. Volschenk se ateljee in Gordonsbaai gekuier en uitgevind dat hy as beeldhouer graag met diere gewerk het, en steeds op 94 sy kreatiwiteit en humorsin behou het....more13minPlay
August 12, 2020Pierre Volschenk - Deel 1Die 94-jarige Pierre Volschenk is nog voluit besig met sy kunsloopbaan waar hy in Gordonsbaai oor Valsbaai uitkyk. Sy wortels lê wyd in Suid-Afrika. Hy vertel aan Johan Rademan hoe die geskiedenis in sy tyd gewerk het wat die kunste betref, en hoe hy eerste Suid-Afrikaner geword het om 'n doktorsgraad in beeldende kunste in Suid-Afrika te ontvang....more15minPlay
August 12, 2020Wees realisties oor jou omstandighedeImago kliniese terapeut Pieter le Roux gesels met Martelize Brink oor die voordele van 'n realistiese aanslag tot ons huidige omstandighede....more11minPlay
August 12, 2020Geslagsgeweld in die grendeltydKeneilwe Mokalane en Tsietsi Shuping gesels met Martelize Brink van die Kommissie vir Geslagsgelykheid oor geslagsgebaseerde geweld tydens die grendeltyd....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.