In die Guinness-rekordboek is die grootste kandelaar, met die naam Reflective Flow, 'n allemintige 18 000 kilogram met 165 000 LED-ligte. Die kandelaar is ongeveer 6 meter hoog. Waar dit geheg word aan die dak is dit meer as 12 meter in deursnee, terwyl dit aan die onderpunt meer as 40 meter wyd is. Die skouspelagtige kandelaar is in 2010 in Doha, Qatar, geïnstalleer. Kandelare word sedert die middeleeue ontwerp, maar is eers in die 16e en 17e eeue in gewone, meestal ryk, huishoudings gevind. Kerse is gebruik voor die koms van elektrisiteit, en dit was deurskynende rotskristalle waardeur die lig geskyn het, voordat Swarovski en vriende begin sake doen het. Johan Rademan het in die kristallamp gaan loer, en met George en Estelle Rauch oor kandelare gaan gesels.