Die blinde Fransman, Louis Braille, word geëer as die persoon wat musieknotasies vir blindes geskryf het, en wat vandag as Braille bekendstaan. Hy het ook onderrig gegee in orrel en klavier . Braille is in 1809 gebore en in 1852 oorlede. Uit dieselfde tydperk van die 19de eeu was daar 'n Fransman, Claude Montal, wat in 1800 gebore is en 155 jaar gelede gesterf het. Montal, wat op vyfjarige ouderdom blind geword het, het sover bekend, die eerste omvattende tekste of handleidings beskikbaargestel vir die stem en herstel van klaviere. Johan Rademan gesels met Lucas van der Walt, 'n blinde klavierstemmer en sakeman van Brackenfell in die Kaap, wat al 'n halfeeu lank in die klavierbedryf staan, en ook op 'n jong ouderdom, soos Montal, nog kon sien.