Istanboel is een van die gesogste wêreldstede wat deur toeriste besoek word. Sedert Augustus 2019 het die stad aan weerskante van die Bosphorusrivier, wat bekend is vir sy ryk geskiedenis, kos en kultuur, bykans 10-miljoen besoekers uit 200 lande gehad. Voor Covid-19 is daar beraam dat meer besoekers as die 15,5 miljoen inwoners deur Istanboel sou reis. Die toerismemagneet, die 1 438 jaar oue Grieks Ortodokse kerk en museum, die Hagia Sophia, is nou weer 'n moskee. Johan Rademan stel ons voor aan 'n wêreldreisiger, Mandie Uys, en argitek Janine de Waal wat oor die argitektoniese wonder en toerismebestemming gesels.