Bykans 50 jaar gelede het Fernando Brás, 'n vlugteling uit Angola, met net sy motor en die klere aan sy lyf, in Suid-Afrika aangekom. Hy het as kelner gewerk tot hy sy eie restaurante in Port Elizabeth kon oopmaak, en groot sukses daarmee behaal het. 'n Deel van Fernando se wenresep was die Taliban, 'n sous wat saam met braaihoender bedien word. En vandag, jare ná Fernando se afsterwe, is die sous nog net so gewild. Mariska Spoormaker hoor by Fernando se dogter, Tania Brás, hoekom die sous só n snaakse naam gekry het.