China se bevolking is 1,3 miljard mense. Een uit elke vyf persone op aarde is dus 'n Chinees. In die 27e eeu voor Christus het die Chinese deur die benutting van die sy van die inheemse sywurmmot, die eerste material vervaardig en as geheim bewaar vir amper 30 eeue lank. Die magnetiese kompas, buskruit, papiergeld, sambrele, kruiwaens, porselein en vlieërs is uitvindsels uit China. Johan Rademan gesels met 'n jong Suid-Afrikaner, Ian Nortje, oor sy blootstelling aan hierdie magtige kultuurryke land.