Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
June 11, 2020KleurpersepsieMartelize Brink vind uit hoe ons kleur waarneem en hoekom sekere mense kleurblind is....more7minPlay
June 10, 2020Gemeenskap se hulp ‘n wonderwerk, sê Lauren se maVanessa Kroutz, moeder van die gestrande Lauren in Peru, het aan Mariska Spoormaker gesê dit is 'n wonderwerk dat die Uitenhage-gemeenskap en ander mense genoeg geld kon insamel sodat haar dogter kan huis toe kom....more5minPlay
June 10, 2020Hibriede-radioRadio het oor die jare baie verander. Van die ou buis-stelsels en analoog-uitsendings tot moderne digitale-gebruik. In die proses word baie platvorms geïntegreer soos SMS-lyne, Whatsapp-stemnotas en telefooninteraksie waarvan RSG ook mildelik gebruik maak. Soms voel van die prosesse vir die jong moderne radioluisteraar nog 'n bietjie omslagtig, en dit het die Europese Unie 'n ondersoek na hibriede-radio laat onderneem. 'n Suid-Afrikaner wat sedert sy nagraadse studie in België woon, Jaco van der Bank, was deel van die uitdaging. Hy is terloops ook 'n groot aanhanger en luisteraar van RSG en Liewe Heksie! Johan Rademan het met hom oor die verwikkelinge gesels, en hoe al hierdie platvorms byeengebring kan word....more6minPlay
June 10, 2020Uitenhagers staan saam vir LaurenDie Uitenhage-gemeenskap staan saam om een van hulle dogters huis toe te bring. Lauren Kroutz is al maande lank in Lima in Peru vasgevang weens die Covid-pandemie. Sedert die uitbreek van die pandemie is sy werkloos en leef op ander se genadebrood. Op 15 Junie is daar die moontlikheid van 'n vlug terug huis toe, maar dit kos derduisende rande. Dit is geld wat Lauren nie het nie. Gevolglik het die Uitenhagers met die Run4Lauren-geldinsamelingsprojek begin. Mariska Spoormaker praat hieroor met Gary Hendricks, 'n onderwyser van Uitenhage Hoërskool en een van die dryfkragte agter die Run4Lauren-projek....more9minPlay
June 09, 2020Kruger to Canyons-biosfeerMarie-Tinka Uys gesels met Sue Pyler oor die Kruger to Canyons-biosfeer en die UNESCO biosfeerkonsep....more8minPlay
June 09, 2020Hannelé SteynMartelize Brink gesels met Hannele Steyn oor haar opleiding in verskillende velde, waaoronder 'n BSC-graad in mikrobiologie en genetika, 'n diploma in voeding, bemarking en driekamp-afrigting. Sy verduidelik hoe hierdie rigtings by mekaar inpas om haar passie vir sport en voeding te ondersteun....more23minPlay
June 08, 2020Sake-etiek in die nuwe werksomgewingBrian Adams gesels met Sue Pyler oor sake-etiek in die nuwe werksomgewing ná Covid-19....more14minPlay
June 08, 2020Wat is 'n pap-OTM?Prof. L.J. Grobler vertel vir Sue Pyler van die eerste pap-OTM op Potchefstroom....more8minPlay
June 08, 2020DrafkunsRonald Reeves vertel vir Sue Pyler hoe mense 'n GPS-toepassing gebruik om patrone te hardloop en sodoende prente te vorm wat op kaarte verskyn, en dan met sosiale media versprei word....more7minPlay
June 05, 2020Sake-etiekEtiekkenner Brian Adams praat oor sake-etiek in die grendeltyd....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.