Herman Binge, die bekroonde vervaardiger en regisseur van o.a. Verskroeide Aarde, kuier vandeesweek saam met Johan Rademan in die driesestig-ateljee, en deel sy intieme ervarings in 1979, toe hy as teaterlyfwag van Yul Brynner in die Palladiumteater in Londen se Weseinde vir vier maande was. Brynner is bekroon as Oscarwenner in 1956 vir beste akteur in die rolprent, The King and I, gebasseer op die Rodgers en Hammerstein musiekspel wat op die verhoog 4,625 keer deur Brynner is. Hy het daarvoor ook twee Tony-toekennings gekry.