Johan Rademan gesels vir oulaas in 'n reeks van drie praatjies met die 94-jarige kreatiewe en aktiewe Suid-Afrikaanse kunstenaar, Pierre Volschenk. Miskien hang daar 'n olieverf op jou muur, maar hy is ook bekend vir sy massiewe bronsbeelde en borsbeelde. Elkeen wat hy maak verg baie geduld. Mense is al deur hom verewig soos pres. Nelson Mandela, dr. Danie Craven en die Chris Barnards – dis nou die skrywer en die hartchirurg. Anna Neethling Pohl was ook 'n groot uitdaging, maar een van sy bekendste werke het 'n paar dramas en geheime wat hy met ons deel.