Honderdeduisende toeriste, kunstenaars, ontwerpers en argitekte het al die vroeg twintigste eeuse landkunstenaar, Antoni Gaudi, se stedelike mosaïek in Barcelona of die bekende Hundertwasserhuis in Oostenryk besoek, maar die kunsvorm is veel ouer. Mosaïekkuns strek oor verskeie geskiedkundige tydperke soos die Bisantynseryk, Ottomanryk, Griekse en Romeinse eras en het in die Renaissance-tydperk in gewildheid getaan. Deesdae is daar groot mosaïekkunstenaars in die wêreld, en die kunsvorm het ook groot skilders, argitekte en ontwerpers se aandag getrek. Die kunsvorm strek terug tot bykans 3,000 jaar voor Christus. Johan Rademan gesels met Heidi Ansley, 'n mosaïekkunstenaar oor hierdie kunsvorm wat binnenshuis op 'n kreatiewe manier gebruik kan word om die lang dae en aande te verwyl.