Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
March 11, 2020DriesestigHaidee Muller gesels met Jan Odendaal wat gebore is op die sitrusplaas Tweeling in Kirkwood in die Sondagsriviervallei. Hy het agt jaar langs die Breerivier in Bonnievale gewoon, en toe verhuis na Oudtshoorn waar sy pa skoolhoof was. Hy gesels oor die rol van riviere in sy lewe, hoekom hy bome plant, en sy geliefde Lemon Tree-projek. In sommige kringe staan hy bekend as Jan Boom....more10minPlay
March 10, 2020DriesestigMarinebioloog en koraalspesialis Krish Lewis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van koraalaanplantings wat deesdae 'n vakansie-aktiwiteit is....more11minPlay
March 10, 2020DriesestigArthur Underhay, Anton Botha en Morne Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die SA Junior Toutrekkampioenskap. Met 308 spanne is dit die grootste toutrekbyeenkoms ter wêreld....more14minPlay
March 10, 2020DriesestigJacqui January hoor by 'n dokter hoe medici die Coronavirushisterie ervaar, en hoe mens dit moet hanteer....more8minPlay
March 09, 2020DriesestigHoe gemaak as jy werkloos is en in 'n shack bly, jou ouers vroeg verloor het, 'n diep draai in 'n skadelike lewensstyl gemaak het, en die lewe hard is? Jy hardloop. Wedloop na wedloop. Doen werkies hier en daar vir 'n inskrywingsfooi. Só klop Donovan op 'n dag aan Chris Spies se deur en sê hy wil die Comrades hardloop. Om 'n lang storie kort te maak: Donovan (37 jaar oud) voltooi sy eerste Comrades in 2019 in 'n rapsie oor die 8 ure. Dis 'n fenominale tyd wat almal verstom het. Hy wil dit vanjaar weer hardloop....more9minPlay
March 09, 2020DriesestigDieetkundige en oefeningfisioloog Gabriel Eksteen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink aan die begin van soutbewusmakingsweek....more14minPlay
March 09, 2020DriesestigCobus Theron vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy ervaring toe die Suid-Afrikaanse avontuurfietsryspan die BMW GS Trofee in Nieu-Seeland verower het....more10minPlay
March 06, 2020DriesestigHierdie is die storie van die Van den Heever-egpaar wat 38 jaar gelede hulle eerste Volkskwagen-kewer gekoop, en toe versamelkoors gekry het. Mariska Spoormaker het by hulle op Uitenhage gana kuier, en op 'n agterjaart vol kombi's, kewers en 'n paar Karmann Ghias afgekom. Chris van den Heever vertel hoe hy en sy vrou, Sanita, dit reggekry het....more10minPlay
March 06, 2020DriesestigDie onmiddellike droogteprobleme in Suid-Afrika wat dringende aandag verg, is die wat die land se boere raak, nie die wat munisipale watervoorsiening beïnvloed nie. So sê 'n wêreldkenner op die gebied van waterbestuur en -beplanning, prof. Mike Muller. Lizma van Zyl, gesels met prof. Muller oor die noodsaaklikheid van veel beter waterbeplanning en -bestuur in Suid-Afrika....more8minPlay
March 05, 2020DriesestigHermien van der Merwe vertel vir Johan Rademan hoe jy te werk gaan om linokuns te maak....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.