Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Tekkie Taks
    Leillani Geduld gesels met Sue Pyler oor die Tekkie Taks datum wat geskuif het, en hoe CANSA beplan om vanjaar se inkomste uit die geleentheid aan te wend.
    9 min
  • Au pairs
    Martelize Brink gesels met Lize Strydom van The Au Pair oor die bedryf, en hoe Suid-Afrikaanse au pairs die Covid-19-krisis hanteer. Sy loer in by drie au pairs wat in Holland gebasseer is.
    19 min
  • Vrou met 'n passie vir Wiskunde
    Martelize Brink gesels met Charlotte Heyman oor haar romantiese filosofie en passie vir wiskunde. Sy loer ook in by Fortune Mbeu, 'n voormalige student van Charlotte, oor hoe haar wiskundeklasse hom gehelp het om toegang tot tersiêre onderwys te kry.
    21 min
  • Om boete te betaal of nie...
    Johan Rademan gesels met 'n strafregspesialis, Adriaan Janse van Rensburg van Phatsoane Henney prokureurs. Strafregtelike vervolging en 'n misdaadrekord hang oor talle mense se koppe tydens die staat van nasionale inperking waarin ons tans verkeer. Reëls is reëls, en of jy daarmee saamstem of nie, jy kan aan die verkeerde kant van die reg, wetend of selfs onwetend, beland. Hoe moet jy dan optree en wat is jou keuses? Om te betaal of nie te betaal nie? Dit is die vraag wat op baie mense se lippe in grendeltyd is.
    10 min
  • Tronke en Covid-19
    Freddie Engelbrecht vertel vir Sue Pyler hoe Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap die Covid-19-situasie hanteer.
    11 min
  • Droëvrugte
    Martelize Brink gesels met Ferdie Botha van Raisins SA oor rosyntjieproduksie en met Handri Conradie van Dried Tree Fruit SA oor watter boomvrugte plaaslik verbou word.
    11 min
  • Platinum
    Dr. Petre Prins vertel vir Sue Pyler wat platinum is, en die plek wat dit tans in die ekonomie het.
    14 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.