Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
August 11, 2025Witkruisvleivalk-bewaring kry hupstootGrant Forbes vertel vir Martelize Brink van Renosterveld in die Overberg wat aangekoop is om die bedreigde Witkruisvleivalk se bewaring ‘n hupstoot gee....more10minPlay
August 11, 2025Ken jy só n vrou?Dit is nou tyd om 'n waarderende kollig op die vroue te laat skyn, wat onder die radar 'n positiewe impak of 'n postiewe verandering in hul gemeenskappe bring. Dis wat die Kouga-munisipaliteit doen met hulle StrongHer-veldtog. Die burgemeester, Hattingh Bornman, sê die veldtog is geïnspireer deur ’n soortgelyke een in Birmingham, Alabama, in die VSA....more6minPlay
August 11, 2025Hoe het julle ontmoet? 11 Augustus 2025Dot Gerhold vertel vir Martelize Brink hoe sy na vier huwelike geweet het wat sy nié soek nie. Toe het sy vir Mike deur ‘n romantiese afspraakwebblad ontmoet....more10minPlay
August 11, 2025Renjaer vier sy sleutelbeen af!’n Nascar-renjaer wat sy oorwinning gevier het, het van sy kar se dak afgeval en sy sleutelbeen gebreek....more1minPlay
August 08, 2025Suid-Afrika se misterieuse bedgrafDie afgelope tyd het dit weer op sosiale media gegons oor Suid-Afrika se mees misterieuse bed, naamlik die dubbelbed koperkatel wat in die veld langs die N9 tussen Aberdeen en Graaff-Reinet staan. Die mense verwys na die bedgraf op die Aberdeen-pad, en die stories hieroor is meer as die hare op n hond se rug. Maar weet enigiemand wat die ware verhaal agter die katel is? Mariska Spoormaker het onder meer gepraat met dr. Anziske Kayster, bestuurshoof van die Graaff-Reinet Museum....more8minPlay
August 08, 2025360 Speseryroete - Deel 93Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor suksesvolle vroue met speseryondernemings....more6minPlay
August 08, 2025Klim berge vir 'n beursIn Suid- Korea is daar beurse by ‘n universiteit vir bergklim. Daar is 70 van die beurse beskikbaar, en ‘n student moet in die res van die jaar ses berge klim om die volle bedrag te ontvang....more1minPlay
August 07, 2025SA se oudste wynJean Naude vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Suid-Afrika se oudste wyn, en hoe dit tans vereer word. Napoleon het glo ‘n bottel ‘n dag van hierdie Muscat-wyn van Groot Constantia gedrink....more11minPlay
August 07, 2025Charlene Saal help met bekostigbare behuisingCharlene Saal help die mense van Bellville-Suid om bekostigbare huise te kry. Sy werk vir 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle leer van hulle regte. Sy vertel sy is ’n pastoorskind, en haar ouers het altyd met behoeftiges gedeel. Sy het haar ouers se barmhartigheid geërf....more7minPlay
August 07, 2025Jonk 7 Augustus 2025Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die TikTok-gier, fibre maxxing, en sy sê Suid-Afrikaners kry juis te min vesel in....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.