Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.
August 07, 2025Vreemde veeartsbesoekeDie Hambone-toekennings in die VSA is vir diere wat vir vreemde redes by die veearts opdaag. Een van die finaliste is ‘n bulhond se olikheid nadat sy ‘n opgestopte alligator geëet het....more2minPlay
August 06, 2025Louwina se storieIn Lowena Lawrence se hart en huis in Bonteheuwel is daar altyd plek vir nog. By haar kry jy brood en bid, en neem met jou saam die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die kinders in die omgewing word na haar aangetrek soos ’n magneet, en vind 'n tuiste by die Kids' Club. Sy neem ook leiding by 'n groep vroue wat bid by die verskillende skole in Bonteheuwel en uitreik na die smokkelhuise in die omgewing. Haar seun is ‘n klompie jare gelede doodgeskiet toe hy op pad was na ’n huiswinkel. Hy het in ‘n spervuur tussen twee bendes beland. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan kuier....more9minPlay
August 06, 2025Vroue-Landbouvereniging van Kaapland vier 96 jaarEstelle du Plessis praat oor die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland se rol in die gemeenskap oor hulle 96-jarige bestaan....more7minPlay
August 06, 2025Na 43 keer se vra, sê sy toe jaLuke Wintrip het vir Sarah 43 keer om haar hand gevra voor sy eindelik na sewe jaar ja gesê het!...more2minPlay
August 05, 2025Êrens oorsee 5 Augustus 2025Linda Celliers vertel vir Martelize Brink van die seekos- en aartappelbedryf op Prins Edward-eiland, Kanada se kleinste provinsie....more9minPlay
August 05, 2025Die Anglo-Boereoorlog in kleurThinus le Roux se stokperdjie om ou swart en wit foto’s van die Anglo-Boereoorlog in te kleur, het ongekende belangstelling gaande gemaak. Hy skuif nou met ‘n opvolguitgawe van die konvensionele na die guerillaoorlogvoering se foto’s. Johan Rademan het met hom gesels....more8minPlay
August 05, 2025Groen borsvoedingCaroli Diener praat oor borsvoeding en die rol daarvan in omgewingsvolhoubaarheid....more6minPlay
August 05, 2025Troeteldiere vir die dieretuinspyskaartDie Aalborg-dieretuin in Denemarke vra dat mense ongewenste troeteldiere, spesifiek gesonde hoenders, hase, marmotte en perde skenk as kos vir hulle karnivore....more2minPlay
August 04, 2025Uiterstes van die katwêreldSusan Ferreira en Karlo Hendrickz vertel van die Maine Coone, die reus van die katwêreld, en die Devon Rex, wat die pixie of apie van daardie wêreld genoem word....more10minPlay
August 04, 2025Haar man se demensie laat vrou ondersteuningsgroep beginJare lank het die Baaienaar Jenny Heunis haar man versorg wat met demensie moes saamlewe. Haar uitdagende versorgingspad het uiteindelik na die stigting van ‘n ondersteuningsgroep vir mense in soortgelyke situasies gelei. Charleen Fridey, ‘n maatskaplike werker, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom só n ondersteuningsgroep so belangrik is....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,460 episodes available.