Velle, die polisiehond, is al lankal afgetree, maar steeds kom sy, stywe bene en al, werk toe. Adjudantoffisier Riaan Victor van die Baaise Honde-eenheid, wat al 13 jaar met brandhonde werk, sê hy bring Velle, afgetree by hom, steeds werk toe anders raak sy te depressief. Maar eers vertel hy vir Mariska Spoormaker meer oor die funksie en opleiding van ‘n brandhond.